Luitenant-kolonel Lincon Sebola het die Tabakbaai-buurtwag se akkreditasie-dokument aan die voorsitter van die buurtwag, Dianne Adams oorhandig. By hulle is ’n buurtwaglid Nicoleen van Neel en kapt. Joseph Oliphant, vispol-bevelvoerder. Foto: Verskaf


Die Tabakbaai-buurtwag in Saldanha het sy akkreditasie by die departement van gemeenskapsveiligheid ontvang.

Luitenant-kolonel Lincon Sebola, stasiekommissaris van die Saldanha-polisie het vandeesweek die amptelike akkreditasie-dokument by die Saldanha-polisiekantoor aan Dianne Adams, voorsitter van die Tabakbaai-buurtwag oorhandig.

Die buurtwag het al gegroei tot 52 lede en nooi die res van die gemeenskap uit om betrokke te raak in die stryd teen misdaad.

Bel Dianne by 073 992 1991 om deel van die buurtwag te word of om ’n bydra aan die buurtwag te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article