Die NG Kerk Moedergemeente hou Saterdag 1 Oktober weer sy jaarlikse pretdraf.
Atlete wat die 10 km-wedloop wil aanpak, sal 07:30 moet aanmeld vir hul wegspring terwyl diegene wat die 5 km-wedloop wil aandurf 08:00 gereed moet wees.
Inskrywings kan op die dag gedoen word en vind by die parkeerterrein van die Vredenburg-hof plaas om 07:00.
Koste: R40 vir 10 km-wedloop en R30 vir die 5 km. Daar sal vele pret wees met gelukkige trekkings wat ook op die dag sal plaasvind.
Vir meer inligting bel Tiekie by 079 416 6560.




