’n Gebedsdiens vir plaaslike beamptes in uniform is verlede Donderdag (13 Oktober) in Porterville gehou.
Die diens is onder andere deur lede van die Weskus-polisiedistrik, Korrektiewe Dienste, die verkeersdiens en die Bergrivier-nooddienste bygewoon.
Die geleentheid is by die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (VGK-kerk) in Porterville gehou.
Tydens die diens is kranse gelê en kerse is ter herinnering aan gevalle kollegas aangesteek.
Sertifikate van waardering is ook oorhandig aan dié werknemers wat uit hul pad gegaan het om steeds hul gemeenskap tydens die Covid-19-pandemie te dien.





