Al is dit dalk nie met die eerste oogopslag ooglopend nie, het elke aksie ’n reaksie.

Vandeesweek berig Weslander van die moord op die bekende sakeman Bernard Pedro van St. Helenabaai, ’n dorp wat “rustiger” as ander in die munisipale gebied is en waar geweldige misdade minder as in Vredenburg of Saldanha plaasvind.

Dié “rustiger” dorp beteken ook minder ekonomiese geleenthede vir inwoners. En wanneer mense desperaat raak, neem misdaad toe – dit is keer op keer bewys. Daar kan geen regverdiging wees om iemand anders se lewe te neem nie, en tog spreek die misdadigers se aksies van iemand wat desperaat is.

Wanneer die Weskus ’n gebrek aan werksgeleenthede het, styg misdaad.

Daarom is vandeesweek se nuus – dat Amsa moontlik Saldanha Staal se deure in ’n paar jaar weer kan open – verblydend. Almal aan die Weskus het die plaaslike uitwerking van dié staalreus se sluiting gesien – indien nie direk daaronder gely nie.

Die Weskus is bekend vir samesyn, want hier kry inwoners saam swaar en vier ons saam fees wanneer dit goed gaan. Mag daar vele meer geleenthede geskep word vir die Weskus om te seëvier eerder as om agteruit te gaan en nog meer desperate misdadigers op te lewer.

Saam moet ons verandering bewerkstellig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article