’n Man (32) van Lesotho is Sondag 23 Oktober om 20:30 vir die besit van die onwettige middel, Khat, in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik is inligting oor die vervoer van die dwelmmiddel opgevolg en die man se voertuig is op die N7-pad naby Klawer opgemerk.
Die polisie het 100 bondels Khat, wat in koerantpapier toegedraai was, in die verdagte se besit gevind.
Hy het Dinsdag 25 Oktober in Klawer se landdroshof verskyn.
- Khat is ’n plant (bekend staan. Die blare en die takkies van die boom verskaf glo energie wanneer dit ingeneem word en demp die eetlus.
Daarbenewens word dit gebruik teen respiratoriese kwale en griep. Die boom word in Suid-Afrika beskerm, maar die vars blare bevat katinoon, wat as ’n skedule 1-dwelmmiddel beskou word en daarom is dit onwettig om die blare as ’n stimulant te gebruik.
Die plaaslike polisie merk ’n toename in die smokkel van hierdie dwelmmiddel in die streek.





