Nicolene Smit, Chantal Booysen, Sunet Anderson en Hester de Bruyn.


Die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) het Woensdag 21 September erkenning gegee aan vroue van hul Matzikama- en Bergrivier-tak vir hul bydrae in die gemeenskap.

Die spoggeleentheid is by Die Keldery, Vredendal gehou en die tema was “denim and diamonds”.

Lede van die SACBW, deelnemers en spesiale gaste het die geleentheid bygewoon en die vroue het behoorlik geskitter.

Elk van die deelnemers het ’n sertifikaat en ’n geskenkpakkie met allerlei verrassings, wat deur plaaslike ondernemings geborg is, ontvang.

Die Weskus-streek, waarvan Chantal Booyse die voorsitter is, het vyf inskrywings vir die “Community Warrior Woman”-toekenning gekry.

Die vroue wat ingeskryf het, is onderskeidelik van Swartland, Bergrivier en Matzikama. Die Matzikama-tak word gelei en ondersteun deur Hester du Bruyn, die president van 2021.

Nicolene Smit, die Wyk 3-raadslid vir die Swartland-munisipaliteit en die eienaar van Heaven’s Window, was die wenner onder die vaandel van die Bergrivier-tak wat nog in wording is, terwyl Sunet Anderson die wenner vir die Matzikama-tak was.

Albei takke is in die Weskus-streek gesetel.

Die geleentheid is opgevolg met ’n tweede geleentheid wat Saterdag 21 Oktober plaasgevind het.

Hiér het Sunet Anderson weggestap met die nasionale prys vir die “Community Warrior Woman”.

Die prys vir die beste provinsie vir die jaar is die tweede agtereenvolgende jaar deur die Wes-Kaap opgeraap.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article