Provinsiale polisie ondersteun 16 Dae van Aktivisme-bewusmakingsveldtog teen huishoudelike geweld

Provinsiale GPF-voorsitter Francina Lukas aan die woordFoto’s: Trish Goosen


Die Wes-Kaapse provinsiale polisie het vandag (Maandag 28 November) ’n provinsiale geleentheid in die Saldanha-veeldoelige saal gehou om die 16 Dae van Aktivisme-bewusmakingsveldtog teen huishoudelike geweld wat reeds 25 November begin het, amptelik af te skop.

Die geleentheid, ’n eerste vir die Saldanhabaai munisipale gebied, is deur verskeie polisie-hoës, onder andere majoor-generaal Thembisile Patekile en die provinsiale GPF-voorsitter Francina Lukas bygewoon. Ander staatsdepartemente, die privaatsektor, nie-regeringsorganisasies en geweldslagoffers uit die plaaslike gemeenskap was ook teenwoordig. Gift of the Givers het kospakkies en toiletware geskenk wat aan plaaslike bejaardes oorhandig is. Patekile en ander regering-hoës het kerse aangesteek ter nagedagtenis aan slagoffers van huishoudelike geweld wat hulle lewens verloor het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article