Een persoon het gesterf toe ‘n motor in ‘n stilstaande vragmotor vasgery het.

Een sterf toe motor teen stilstaande vragmotor bots


’n Botsing op die Malmesbury-Hopefieldpad het ’n lewe geëis toe ’n motor in ’n stilstaande vragmotor vasgery het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik het die motor in die middagure van Maandag 30 Januarie teen ’n vragmotor gebots wat op die skouer geparkeer het.

Sy het bevestig dat een insittende in die motor opslag dood is.

Die identiteit van die oorledene en die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article