Die eerste ronde van Boland-rugby is op hande en toeskouers is opgewonde oor die nuwe seisoen langs die veld.

Die Boland-rugbyunie het onlangs die wedstrydbepalings van grootuitdaag-, streekuitdaag- en gemeenskapskild-kompetisies vrygestel.

Saterdag 25 Maart blaas die fluitjies op die velde vir Witsentraal, met die res van die streke van die grootuitdaagbeker wat die naweek daarna begin. In die Weskus skop die seisoen af met Saldanha t. Mamre, St. Helena t. Hopefield, Vredenburg t. Koringberg, Piketberg t. Langebaan, Young Hearts t. Velddrif, terwyl Paternoster ’n loslootjie geniet.

Ondersteuners van Swart-Weskus se streekuitdaagspanne sien reeds komende Saterdag uit na aksie wanneer Voorberg met Broodkraal kragte meet. Ander Swart-Weskus-wedstryde is Young Tigers t. Saldanha Tigers, Young Eagles t. Universals H, Steenberg’s Cove t. Goedverwacht, Coronations t. Zebras en die Flying Eagles wat Porterville United takel.

Daar is ook ander hoogtepunte op die seisoen se kalender.

Saterdag 8 April onthaal die Kavaliers vir Zimbabwe.

Saterdag 29 April speel Kavaliers teen die Leopards (Glaskasteel Bredasdorp) en in Mei takel hulle die span van SWD (Piketberg/Porterville).

Daar is ook verskeie opwindende wedstryde in vrouerugby wat voorlê.

Saterdag 13 Mei speel die Boland se vrouespan teen WP en Saterdag 27 Mei ontmoet die Bolanders die Border-vrouespan. Hul laaste wedstryd van die eerste ronde is teen die vroue van OP.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article