Die Salkoriane Adrian Cupido, Luther Pieterse en Austin Gouws by die prysuitdeling van die Weskus-maraton. Foto:


Die Salkor-atletiekklub se junior atlete het vandeesmaand gewys hulle is nou reg vir langer afstande.

Die atlete het hul staal ná die twee jaar lange ontwikkelingsprogram Saterdag 18 Maart tydens die 21ste weergawe van die Weskus-maraton gewys.

Die klub het twee atlete “losgelaat” om die 10 km-padwedloop aan te durf. Adrian Cupido en Luther Pieterse het in hul debuutwedloop gewys hulle is reg vir groter dinge in die atletiekwêreld. Luther het die eerste plek in sy afdeling in 41 min ingeneem en Adrian het die wedloop in die derde plek geëindig met ’n tyd van 44 minute.

Hul spanmaat, Austin Gouws, het die eerste plek in die 5 km-padwedloop ingeneem danksy sy stamina en vinnige voete.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article