Graag wil ek kommentaar lewer op die berig in Weslandervan 13 April 2023 op bladsy 5 (“Tanker hits back of car, bakkie”) oor die tenkwa wat die bakkie en die voertuig getref het.

[Daarin word] beweer dat die bestuurder nie die voertuie op die pad gesien het nie. Dit is van alle waarheid ontbloot en glad nie die geval nie. Die vragmotor het kameras aan boord gehad wat die absolute teendeel bewys. Die ongeluk word ondersoek en mense moet nie vooraf bespiegel oor wat die oorsaak van die voorval was nie.


Martin de Kock, uitvoerende hoof: West Coast Petroleum,

Moorreesburg

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article