Spelers moet hul sokkerballe en -stewels regkry vir die eerste weergawe van die Sterre met Visie-toernooi.

Die toernooi word Donderdag 27 April van 11:00 af by die Louwville-sportterrein aangebied.

Die gasheer is die Young Madrid-sokkerklub. Peter Beukes, die voorsitter van die klub, staan aan die stuur van sake en nooi enige borge om met hom kontak te maak.

Toeskouers is welkom om die aksie te kom dophou. Hekgeld beloop R50 per toeskouer.Bel Beukes by 022 713 2727 vir inligting oor borgskappe.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article