Plaaslike jukskeispelers het vandeesmaand die Weskus goed verteenwoordig en vir die eerste keer as Weskus-jukskeidistrik aan die M.P. Prinsloo-toernooi in Beaufort-Wes deelgeneem.Foto:

Brons vir Weskus-jukskeispelers

Plaaslike jukskeispelers het vandeesmaand die Weskus goed verteenwoordig en vir die eerste keer as Weskus-jukskeidistrik aan die M.P. Prinsloo-toernooi in Beaufort-Wes deelgeneem.Foto:


Jukskeispelers van die Weskus het Saterdag 5 Februarie vir die eerste keer as Weskus- jukskeidistrik aan die M.P. Prinsloo-toernooi in Beaufort-Wes deelgeneem.

Altesaam 29 spanne van verskeie distrikte en provinsies het aan die toernooi deelgeneem.

Die plaaslike spelers het drie van hul spanne ingeskryf.

Dit was voorwaar ’n geskiedkundige dag vir die Weskus-span wat ’n bronsmedalje in die C-afdeling gewen het. Altesaam 12 lede het daardie dag ook hul Weskus- jukskeidistrik-kleure verwerf.

Volgens Martin Pieterse, distriksvoorsitter, was dit ’n groot eer om Weskus op so ’n groot toernooi te kon verteenwoordig, saam met ’n wonderlike groep mense uit die verskillende jukskeiklubs in die Weskus.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article