Ziza Thompson (14) van Vredenburg is op 28 April by die Suid-Afrikaanse Skopboksvereniging se nasionale byeenkoms in Lephalale (Ellisras), Limpopo, as nasionale kampioen in ligtekontak- en puntegeveg vir meisies onder 65 kg aangewys. Dit is die tweede keer dat Thompson, ’n tuisskoolleerder, aan die jaarlikse kampioenskap deelneem en sou dit nie kon doen sonder skenkers nie. Sy het skopboks in gr. 3 begin neem om te leer om haarself te verdedig, en vir die oefening.Foto: Alida Buckle


Skopbokskampioen op 14

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article