Bokkomlaan in Velddrif is tydelik gesluit nadat die pad vroeër oorstroom het.

Bergrivier-munisipaliteit

Die gewilde Bokkomlaan in Velddrif is tydelik gesluit. Dit kom nadat die pad weens swaar reën en verhoogde watervlakke oorstroom het.

Volgens kommunikasie van die Bergrivier-munisipaliteit is ‘n besluit deur die munisipale rampbestuurafdeling geneem om die pad om veiligheidsredes tot verdere kennisgewing te sluit. “Sodra die pad skoon is, sal dit weer oopgemaak word,” lui die kennisgewing.

‘n Besluit is reeds Donderdag gemaak om die sluise van die Bergrivier oop te maak nadat die dam meer as 100% vol was (104,7%; gemeet op 15 Junie 2023). Intussen word nog reën vir môre (Maandag) voorspel en het premier Alan Winde ‘n beroep op motoriste gedoen om, waar moontlik, van die paaie af te bly.

In geval van nood, kontak die plaaslike owerhede:

  • Saldanhabaai-munisipaliteit se noodnommers: SBM-rampbestuur 022 701 6835, noodbeheerkamer 022 701 6834 en 24-uur kontaksentrum 022 701 7061.
  • Bergrivier-munisipaliteit: 083 272 4137.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article