Hershell Moerat (20).Foto: Facebook


In ’n vyfde skietvoorval in een week is nog ’n jongman van Saldanha gistermiddag (Woensdag 28 Junie) doodgeskiet.

Kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, het bevestig dat Hershell Moerat (20) van Hopland, Saldanha, die middag omstreeks 16:10 in Beletrixstraat noodlottig deur die kop geskiet is.

Dit volg op die skietdood van Heinrich “Frikkie” Koras (17) in Diazville, Saldanha en ’n Vredenburgse man, net bekend as Trigger, in Kootjieskloofstraat, George Kerridge, die afgelope naweek.

Sondagaand en Maandagaand is nog twee mans in skietvoorvalle in Diazville gewond.

Niemand is nog in verband met die moorde en ander skietvoorvalle in hegtenis geneem nie, maar Helfrich verseker dat die polisie onverpoosd besig is om die sake te ondersoek.

Koop vandag nog jou Weslander en lees die volledige berig oor die eerste vier voorvalle.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article