Lede van die Meeulander-motorfietsklub by die hope blikkieskos en nie-bederfbare produkte wat Saterdag (24 Junie) ingesamel is.Foto: Murray Davis


Die Meeulander-motorfietsklub het Saterdag (24 Junie) sy jaarlikse blikkieskos-insamelings­veldtog, die Meeulanders Tin Run, gehou.

Ander motorfietsklubs en Weskussers het die koue weer getrotseer om blikkieskos en ander nie-bederfbare produkte by die insamelingspunte by die Ipic-winkelsentrum in Vredenburg, die Laguna Mall by Langebaan en die Spar in St. Helenabaai te kom aflaai.

Die Meeulander-motorfietsklub is al 26 jaar oud, en dié insameling is een van sy grootste jaarlikse liefdadigheidsprojekte.

Errol le Roux, ’n pastoor by die Weskus Lighuis AGS-kerk, het almal vir hul bydraes bedank.

Die ingesamelde kos en skenkings gaan by dié kerk se welstand-sentrum aangewend word.

“Gister was hierdie rakke leeg; nou kan ons bedien en help. ’n Woord van dank aan die publiek en ons ander motorfietsklubs.

“Saam maak ons tog ’n verskil . . .”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article