Vrywilligers van die liefdadigheids­organisasie Amongst Us kom maak vandeesmaand ’n Weskus-draai en nooi plaaslikes om hand by te sit.

Amongst Us is deur Oznur April begin “om ’n verskil in die samelewing te maak en menswaardigheid terug te bring”.

Die vrywilligers het voorheen ’n uitreik in Atlantis gehou, maar beweeg nou verder langs die kus op en sal Die Eilandhuis in St. Helenabaai besoek en mooimaak. Die span van 22 hoop ook om skenkings – beddegoed en klere – te oorhandig. Toiletware en kos is ook op die lys items wat April en die res van Amongst Us nou bymekaarmaak.

. Enigeen wat met ’n skenking kan help, kan e-pos stuur na jackyapril31@gmail.com vir inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article