’n Restaurantbestuurder van Paternoster, wat nie in Januarie fakture vir kreefsterte op sy perseel kon toon nie en daarna in hegtenis geneem is, se saak is vandeesweek van die rol geskrap omdat hy terminaal siek is.

Die saak is op Dinsdag 29 Augustus weens humanitêre redes teruggetrek, nadat die verdediging in ’n vertoë bewyse voor die hof gebring het dat die man ernstig siek is.

Weslander het vroeër vanjaar berig dat die polisie en kreefinspekteurs van die departement van omgewing, bosbou en visserye op 23 Januarie meer as 600 kreefsterte by die restaurant ontdek het.

Die saak is deur die polisie se plaaslike eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article