Onwettige kreef by bekende Weskus-restaurant ontdek


’n Groot hoeveelheid onwettige kreefsterte is deur die owerhede by ’n bekende Weskus-restaurant ontdek.

Weslander het vertroulik verneem dat ’n verdagte Maandag (23 Januarie) met betrekking tot dié kreefvonds in hegtenis geneem is.

Die polisie en die departement van omgewing, bosbou en visserye (Deff) was met die ontdekking van die kreefsterte op die toneel.

Die betrokke restaurant is in ’n gewilde Weskus-vakansiedorp geleë.

Die saak sal deur die polisie se plaaslike eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek word.

Lees Donderdag 26 Januarie meer hieroor in Weslander.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article