Fanie van Zyl, die eienaar van Saldanha Crane Hire, durf tans 1 600 km op sy fiets aan ten bate van Saldanha Animal Care (Sac).

Van Zyl het Sondag 10 September net ná middernag uit Vereeniging in die pad geval, vanwaar hy die rit al die pad na Bloubergstrand alleen sal ry.

Van Zyl het ’n groot liefde vir diere en fietsry. Dis hoekom hy die lang rit aanpak en terselfdertyd ’n goeie daad verrig.

Sac is ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat staatmaak op skenkings van sakeondernemings en individue om hul deure oop te hou.

Zanette Kellerman, voorsitter van Sac, het in Junie met Weslander gedeel dat die koste om 60 honde te voer om en by R11 800 per maand beloop. Dan is daar nog ekstra kostes, soos sterilisasie en veeartskoste, wat hulle ook moet dek.

Dus het Sac die hulp van die gemeenskap nodig.

. As jy geld wil skenk of van Zyl per kilometer wil borg, kontak Kellerman by 082 921 0233. Alles wat ingesamel word, is ten bate van Sac.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article