Langebaan beur vorentoe in hul laaste wedstryd van die seisoen teen Young Hearts op die Grafkelder. Foto: Murphy Roberts


Langebaan het Saterdag in sy laaste wedstryd van die seisoen teen Young Hearts in die Grafkelder vasgeval.

Langebaan het byna sy seisoen op ’n wennoot geëindig, maar die span se dissipline het laaste gelag. Young Hearts het die wipplankstryd met 27-25 gewen nadat die tuisspan rustyd 12-10 voor was.

Die besoekers het reeds in die eerste vyf minute van die wedstryd die tuisspan hande op die heupe onder die pale laat staan met ’n verdoelde drie. Die tuisspan het egter daarna met ’n onverdoelde drie geantwoord om die agterstand na slegs twee punte te laat krimp.

Met albei spanne wat daarna die bal wyd gespeel het, kon hulle dit nie in punte omskep nie. Langebaan, wat in die eerste helfte met die wind van agter in die skrums gesukkel het, kon ook nie hul lynstaanbesit behou nie.

Young Hearts het kort voor rustyd sy neus vir die eerste keer met ’n verdoelde drie voor gekry.

Die tuisspan het die tweede helfte met ’n warrelwind begin en gou sy voorsprong vergroot met nog ’n verdoelde drie. Met die telling 19-10 in die tuisspan se guns het Young Hearts-ondersteuners gedink die besoekers gaan ’n les geleer word. Langebaan het egter met sy kanniedoodhouding geweier om tou op te gooi. Langebaan wou sy ondersteuners op die gepaste wyse vir hul ondersteuning die seisoen bedank en het daarna met aanvallende rugby die Grafkelder doodstil gespeel. Albei spanne het egter die een aanval ná die ander begin en slegs goeie verdediging en hanteerfoute het omgekeerde besit verseker.

Langebaan het weer sy neus voor gekry en met die telling 24-25 in die besoekers se guns het die span se dissipline goeie rugby ongedaan gemaak en die tuisspan van sy bonuspunt-oorwinning verseker.

Young Hearts se troepe het nie met hul aanvallende rugby teleurgestel nie en moet nog Vredenburg se Burg Boys op die Grafkelder later die maand onthaal.

. Mamre sal eers oor twee weke weet of hulle die streekkampioen is en moet nog teen die geskorste St. Helenabaai speel. Die groen truie van Kenny Stadler moet vol punte uit die stryd kry om Weskus-kampioen te word, terwyl Saldanha reeds sy ligaverpligtinge voltooi het. Die twee spanne sal moontlik ook die Weskus-streek in die top-12 verteenwoordig, tensy Boland anders besluit.

Volledige uitslae: Vredenburg 22-16 Hopefield, Young Hearts 27-25 Langebaan, Piketberg 25-21 Koringberg, Paternoster 20-11 Velddrif.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article