Die Houtstok- Oktober- Duitse Bierfees word Saterdag 7 Oktober by Kleine Hopefield naby Hopefield gehou.

Kom maak ’n naweek hiervan en kom kamp daar van die Vrydagaand af tot Sondag.

Dit kos slegs R125 vir ’n woonwa-staanplek en R50 vir ’n tentstaanplek plus R50 per persoon vir die hele naweek.

’n Egte Duitse oompah-orkes, die Wurstzipfel Band, gaan daar optree om almal te vermaak. Daar gaan ook baie te drinke en te ete wees. Darling Breweries met sy “beer on tap”, ’n wynplaas of twee en die Beeskrip-biertuin sal seker maak dat niemand se keel droog raak nie. Jy kan uitsien na regte Duitse kos soos Eisbein, Bratwurst en meer.

Vrydagaand gaan ’n informele dans in die Beeskrip-biertuin gehou word met ’n vuur om ’n vleisie op die kole te gooi (toegang hiervoor is gratis).

Kaartjies is beskikbaar op eazyticket.co.za of by Houtstok se kantore. Koste van kaartjies is slegs R175 vir volwassenes en R100 vir kinders o.18. Kinders o.10 se toegang is gratis.

Vir die laatslapers is daar nog ’n paar stalletjies beskikbaar. Kontak ons gerus by 022 880 0122/3.

Vir dié wat skrikkerig is vir drink en bestuur is ’n ooreenkoms aangegaan met Bel ’n Pel/Dial a Buddy, wat jou op ’n vooraf bepaalde punt sal oplaai en jou veilig na en van die feesterrein sal vervoer.

Dit gaan een groot jol wees; kom en geniet die dag saam met jou vriende.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article