Die groep het kerse aangesteek ter nagedagtenis van dié wat hulle ontval het.


Die 1996-klas van Panorama Primêre Skool het Saterdag 23 September reünie gehou. Die afgelope 27 jaar het heelwat veranderinge meegebring en daar was groot opgewondenheid en daarvan kan die groep leerders getuig. Die groep het kerse aangesteek ter nagedagtenis van dié wat hulle ontval het. Volgens die skoolhoof Hylton Langly was dit ’n groot eer om die groep leerders weer te sien en om die geleentheid te hê om terug te kyk na al die prestasies en bydraes wat hulle gemaak het sedert hulle die skool verlaat het. Fatima Mitchells, een van organiseerders, het gesê hulle wil graag ’n hegte band met die skool smee en ’n blywende vennootskap skep wat die skool en gemeenskap tot groter hoogtes kan lei. 

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article