Bestanddele

Witsous

50 g (4 e) botter

90 g (8 e) koekmeel

1 k warm melk

Tert

3 snye brood

2 k kook melk

2 k gaar snoek, gevlok

2 k kaas, gerasper

30 ml botter, gesmelt

4 eiers, XL

1 ui

1 e pietersielie, gedroog

Sout en peper na smaak

Metode

Verhit die oond vooraf tot 180 °C en smeer die oondpan met botter of kleefvry-oliesproei.

Witsous

Maak die roux: Smelt botter in ’n kastrol wat op matige hitte gestel is. Roer die meel by en kook dan vir 1-2 minute totdat die roux baie lig goudbruin word.

Kook die sous deur die melk ’n bietjie op ’n slag by te klits totdat die sous glad is en die melk ingewerk is. Verlaag die hitte en laat liggies prut, terwyl jy gereeld roer, totdat die sous glad en dik is.

Tert

Week die brood in die gekookte melk en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Voeg al die bestanddele saam en roer goed deur. Skep in die oondbak en bak vir 35-55 minute of tot goed gaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article