Die afgelope naweek het Lagoon-rolbalklub sy jaarlikse Classic-toernooi aangebied.
Veertien spanne en 56 spelers het Saterdag en Sondag deelgeneem en dit was duidelik dat almal dit baie geniet het.
Lagoon-rolbalklub bedank die borge en diegene wat donasies gemaak het vir hierdie belangrike plaaslike toernooi.
“Dit was ’n plesier om aan elke span wat deelgeneem het ’n prys toe te ken. Dankie ook aan almal wat gehelp het om hierdie toernooi so ’n groot sukses te maak,” sê die organiseerders.





