Die Verenigende Gereformeerde kerk (VGK) in Vredenburg het Saterdag (25 November) sy jaarlikse Mnr. en Mej. VGK Sondagskool gehou. Die jong skoonhede is by die geleentheid in die kerksaal gekroon.

Die koninklike hof was, van links, Mnr. Sondagskool Charles Pieters, Jaylin Klaaste (1ste prinses), Mej. Sondagskool Zharia Londt en die twee wat gesamentlik tweede prinsesse was, was Harper Miggel en Kiara Lukas.

Die junior afdeling se skoonhede was tweede prinses Monviena Talmakkies, die wenner Grace-Lynn Coetzee en die eerste prinses, Leatitica Lewack.

Die deftige junior seuns was die tweede prins Aidon Londt, die wenner Jameel Pieters en die eerste prins Kergio Linnert.



