Die kruideniersemmer met verskeie Kersbederfies.


Om Kersfees nog meer spesiaal te maak, bied die organisasie New Hope Vrydag 22 Desember ’n Kersete vir die bejaardes van Louwville aan.

Claudia de Koker, stigter van New Hope, doen ’n beroep op Weskussers om ’n 10 liter- Kersfees-kruideniersemmer te skenk wat aan die bejaardes by die Kersete uitgedeel sal word.

Sy sê dit sal geweldig baie vir hulle tydens die feestyd beteken. Enige nie-bederfbare items word ook verwelkom.

Die kruideniersemmers kan by Pick n Pay, Checkers of Shoprite gekoop word.

Claudia streef daarna om terug te gee aan haar gemeenskap. Sy het deur die jare al verskeie suksesvolle projekte aangepak.

Donasies kan tot Woensdag 21 Desember geskenk word. Die aflaaipunt is Duifstraat 7, Louwville.

Kontak Claudia by 073 521 3914 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article