Die Weskus Motorfiets Assosiasie lede saam met Eilandhuis se span.


Die Weskus Motorfiets Assosiasie (WMA) het op Sondag 10 Desember sy jaarlikse besoek afgelê by Eilandhuis in St. Helenabaai.

Die kinderversorgingshuis is heeltemal afhanklik van die publiek se bydraes en werk vir kinders wat nie speelgoed kan geniet soos ander nie.

Die WMA hou elke jaar ’n toy run waar speelgoed bymekaar gemaak word vir behoeftige kinderhuise in die gebied en ’n veiling gehou word, spesifiek vir Eilandhuis.

Hoewel die toy-run weer eens’n sukses was wat jaar ná jaar steeds groei, het die insameling van speelgoed heelwat minder opgelewer as voorheen.

Vanweë heelwat skenkings vir die veiling is daar egter meer as R20 000 ingesamel vir Eilandhuis. Veral Harcourts Langebaan word uitgesonder vir sy wonderlike skenkings wat goeie pryse gehaal het.

Die WMA bedank almal wat bygedra het en diegene wat deel gehad het met hul bydraes. Hulle bedank ook Yukon Spur vir die gratis koffie aan al die motorfietsryers, Weskus Mall vir sy speelgoed-bydraes en vergaderplek, Checkers in die Weskus Mall vir sy bydraes, Harcourt vir die fantastiese veilingsprodukte en Juffroushoogte wat hulle verwelkom het by die dag se verrigtinge. ’n Groot dankie gaan ook aan al die motorfietsryers en -klubs wat die dag ’n sukses gemaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article