Lede van dié Weskus Fotoklub by die jaarlikse uitstalling.Foto:


Die Weskus Fotoklub het Saterdag 16 Desember by die Weskus Fossielpark sy jaarlikste foto-uitstalling geopen.

Sedert sy stigting in 2008 het die klub gegroei en het tans 18 aktiewe lede afkomstig van Langebaan, Yzerfontein, Saldanha, Paternoster, Jacobsbaai, Vredenburg en St. Helenabaai.

Die Weskus Fotoklub bestaan uit ’n groep van toegewyde artistieke lede wat in die kreatiewe kunsvorm van fotografie floreer.

Met die fotografie van Susan Greeff, Trixie Bester en Jakes Jordaan was daar veel om te aanskou.

Volgens Greeff is die hele proses baie inspirerend. “Ons was baie bly oor die opkoms van ons ondersteuners en dié wat dit nie kon bywoon nie het vir ons goeie wense gestuur. Oor die algemeen was die opening ’n groot sukses. Ons hoop nog mense sal deur die loop van die maand ná die uitstalling kom kyk,” sê sy.

Die uitstalling sal tot Dinsdag 16 Januarie by die Weskus Fossielpark oop bly. Besoekure is daagliks tussen 09:00 en 15:00, behalwe Maandae wanneer die park toe is. Die klub vergader elke laaste Donderdag van die maand om 18:30 by Die Mondvol-restaurant in Paternoster.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article