Dié 2 102 Mandrax-tablette met ’n straatwaarde van R84 080 en ses sakkies tik is op Dinsdag 26 Desember om 20:40 in ’n BMW X3 op die N7 gekry. Die polisie het inligting ontvang dat ’n BMW X3 wat dwelms vervoer op die N7 ry. Die voertuig is op die N7 by Citrusdal opgemerk en voorgekeer. Die polisie het beslag gelê op dwelms en vyf verdagtes tussen die ouderdom van 26 en 61 (twee vroue en drie mans) in hegtenis geneem. Hulle sal vandag, Donderdag 11 Januarie, in die Citrusdal-landdroshof verskyn.Foto: SAPD


Dwelms van R84 000 by Citrusdal gekry

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article