Brenvin Marias druk die Cove se eerste drie in dié span se wedstryd teen Hopefield.Foto: Murphy Roberts


Dit was ’n dag van naels kou in die Weskus, met drie wedstryde wat met ’n enkele punt bepaal is, terwyl Vredenburg ’n volstrekte oorwinning behaal het.

Steenberg’s Cove het op sy tuisveld die Patattrappers uit Hopefield onthaal. Die Cove, wat die eerste helfte met die wind van agter gespeel het, kon nie dieselfde tempo in die tweede helfte handhaaf nie. Die tuisspan was rustyd gemaklik met 25-12 voor, maar het die wedstryd met 29-30 verloor.

Die tuisspan met sy opwindende jong span het in die tweede helfte konsentrasie verloor en die besoekers kon sake dikteer. Die tuisspan, wat wel die voordeel van die wind gebruik het, kon nie die mas in die vaste skrums en lynstane opkom nie en het hopeloos te veel besit in dié fasette van die wedstryd afgestaan, terwyl hy telkemale ook gestraf is.

Die tuisspan het op sy vlugvoetige agterlyn gesteun en was gou 10-0 voor. Die Cove, wat nooit teruggestaan het vir die besoekers se verdediging nie, kan enige span hoofbrekens besorg. Hopefield is in die eerste helfte op die agtervoet gehou en kon nie juis uit sy eie helfte kom nie.

Hopefield het egter in die tweede helfte na ’n hoër rat oorgeskakel en die tuisspan moes keer vir al wat hy werd is.

Die krake in die tuisspan se verdediging het die besoekers toegelaat om een te steel. Hopefield het sy oorwinning verseker met ’n skepskop in die laaste sekondes.

St. Helena het ook in ’n riller-wegwedstryd die voormalige Boland-kampioen, Saldanha, met 30-29 geklop. Die Agterbaaiers is tans die enigste onoorwonne span hierdie seisoen.

Paternoster het op sy tuisveld die besoekers van die grafkelder 29-28 geklop.

Volledige uitslae:

. Paternoster 29-28 Young Hearts

. St.Helena 30-29 Saldanha

. Hopefield 33-32 Steenberg Cove

. Vredenburg 29-17 Langebaan

Wedstrydbepalings vir Saterdag 13 April:

Swartland

Moorreesburg t. Abbotsdale, Villagers Wittewater t. Wesbank, Porterville t. Darling, Never Despairs t. Young Eagles en Good Hopes t. Riebeeck United (Saron loslootjie)

Weskus

Velddrif t. Paternoster, St. Helena t. Vredenburg, Young Hearts t. Saldanha, Hopefield t. Piketberg en Langebaan t. Steenberg’s Cove (Mamre loslootjie)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article