Bestanddele

Halwe ui

1 of 2 lepels kerriepoeier of garam masala

1 blikkie (215 g) sardientjies, fyngemaak

1 eetlepel blatjang

sout en peper na smaak

botter vir smeer op snye brood

gerasperde kaas of velle kaas

Metode

Braai ’n halwe uit tot deurskynend.

Voeg die kerriepoeier of masala by en braai nog ’n minuut.

Voeg die fyngemaakte blikkie sardientjies by en roer deur.

Terwyl dit nog prut, voeg die blatjang by en kook totdat die meeste vog weggekook het.

Voeg sout en peper na smaak by.

Laat ’n bietjie afkoel.

Smeer die snye brood aan die een kant.

Plaas kaas op albei snye brood (ongebotterde kant), vul die een met sardientjies, knip die jaffelpan toe en bak die jaffel. . Die resep is geredigeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article