Vyf Weskussers is opgeneem in die o.19-Protea-onderwaterhokkiespanne wat Suid-Afrika tussen Dinsdag 16 en Saterdag 27 Julie by die CMAS 6th Age Group wêreldkampioenskap in Maleisië gaan verteenwoordig. Lande wat deelneem is onder meer Australië, Frankryk, Engeland, Maleisië, Nieu-Seeland, Turkye, Amerika, Pole, Spanje en Suid-Afrika. Hulle ontvang op Vrydag 12 Julie amptelik hul Protea-kleure by ’n spoggeleentheid in Johannesburg. Hierdie leerders is almal nog skoolgaande en werk al vir jare aan hierdie droom om vir die Proteas te speel. Daar is baie werk, swem, afrigting, fiksheid, vlieg, kampe en opofferings gemaak om hierdie punt te bereik. Nikolé Botha, Chloë Pietersen en Jon Dorman speel vir Boland en Robyn Steyn en Benjamin Pretorius vir Weskus. Jon is ook gekies as die kaptein van die o.19-seunsspan. Van links is Nikolé Botha, Chloë Pieterse, Jon Dorman, Robyn Steyn en Benjamin Pretorius.


Weskussers kry nasionale kleure in onderwaterhokkie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article