Die Piketberg-polisie het Sondag (30 Junie) omstreeks 20:45 op 132 pakke dagga en ’n plastieksak met 10 kg dagga met ’n straatwaarde van R5 380 afgekom. Hulle het inligting ontvang dat ’n Toyota Corolla van Piketberg na Citrusdal met dwelms op pad was. Die voertuig is voorgekeer, deurgesoek en die polisie het op die dwelms afgekom. Twee mans van Belhar sal in die Piketberg-landdroshof op aanklag van besit van dwelms verskyn.Foto: SAPD


Dwelmvonds by Piketberg

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article