Die Caltex-garage op Citrusdal was oorstroom.


Dorpe in die Cederberg-munisipaliteit se gebied het ook onder die afgelope twee weke se storms deurgeloop.

Volgens Anthony Mlata, ’n munisipale woordvoerder, het die R303-pad gedeeltelik weggespoel en was toegangspaaie na Citrusdal toe.

“Ook Wupperthal is vanjaar erg getref. Dit is nog gangbaar, maar daar is sekere buitestasies wat nog glad nie gangbaar is nie.”

Sowat 202 mense moes weens oorstromings uit die informele nedersetting by Riverview in Citrusdal verwyder word.

In Wupperthal moes veertien gesinne hul huise ontruim. Dit was juis dié gesinne wat weens die brande vroeër daar in die Nutec-huise hervestig is. Die mense is tydelik in die Eendrag-saal in Wupperthal gehuisves.

Die munisipaliteit fokus nou om humanitêre hulp by mense wat daardeur geraak is, te kry. Hulle werk nou saam met Gift of the Givers en Badisa, wat gehelp het met matrasse, komberse en kospakkies.

In Citrusdal maak ACT warm kos vir dié slagoffers en voorsiening sou gemaak word vir ? soptrokkie in Algeria.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article