Van links: San-Mare van Zyl (MUA-bedryfsbestuurder) en Vajra Singh (MUA- uitvoerende hoof) oorhandig ’n skenking aan Hoopsig se Alrika Hefers (bestuurder) en Marike van Niekerk (bestuurder van korporatiewe maatskaplike beleggings).Foto:


Elke dag is Mandeladag by die Hoopsig-projek in Paternoster.

Op elke weeksdag begin die middagprogram met ’n warm ete vir tussen 60 en 70 leerders. Daarna volg huiswerktyd en teen 15:00 is dit tyd vir ’n verskeidenheid werksessies.

Op Mandeladag het dié projek besoek van sy korporatiewe maatskaplike skenker, MUA, en die Cape Sea Harvest-stigting ontvang. Die dag se program het beide die jong leerders en jeugprogram YEP ingesluit. Die tema van die dag, “One hand feeds the other”, is die oggend van stapel gestuur toe die departement van gemeenskaps­ontwikkeling en die Hoopsig YEP-program ’n groente­tuin geskep het. Die middag is grootliks aan ’n Storiehoek-werksessie gewy.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article