Die vrouepersoneel van die Hoërskool Weston is Donderdag 7 Augustus met ’n ongelooflike bederfie vir Vrouedag verras. Die geleentheid is ook aangebied ter nagedagtenis van hul ontslape kollega, juffrou Terry Van Schalkwyk. Die personeel bedank ses gr. 11-meisies vir hul liefde en omgee en hul insette met die idee. Volgens die personeel het hulle baie spesiaal gevoel. “Dit is oomblikke soos hierdie wat die onderwys vir ons die moeite werd maak. Ons hoop elke vrou voel geliefd en gewaardeer,” sê hulle. Agter staan die personeel. Voor sit die gr. 11-meisies Traceylee Julies, Allison Menas, Angelique Lewis, Hill-Mari Waterboer en Ibanez Witbooi. Clemerin Mathyse was afwesig toe die foto geneem is.


Weston-onderwysers verras

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article