Die balle het onlangs weer eens die praatwerk vir die Weskus se 8-bal-potspel in die B-liga gedoen.
Pocket Pounders van Amigos in Saldanha het teen Sneak Attack van Watergat Langebaan in die eindronde van die Weskus-toernooi te staan gekom.
Pocket Pounders was deur die 2024-seisoen onoorwonne, maar dis uiteindelik ’n baie sterk Sneak Attack-span wat in die eindstryd koning gekraai en met ’n goeie sege van 11-5 weggestap het.
Weskus-8-bal-potspel wil weer eens sy borge asook Spur en Watergat in Langebaan vir hul ondersteuning in 2024 bedank.
Weskus-8-bal-potspel wil ook graag elke speler en beampte vir die toegewyde deelname gedurende ’n suksesvolle en opwindende jaar bedank.
. Kontak Inelda Heyns by 066 034 5751 of Gert Hibbert by 083 287 6883 met navrae en om by Weskus Pool aan te sluit.





