Witteklip Dagsorg se kinders het al te spoggerig gelyk by hul debutantebal wat die afgelope Saterdag (30 November) plaasgevind het. Die wenners pronk trots saam met hul ouers en skoolhoof: Xaverie Swigelaar (tweede prinses), Leemeeyah Lewis (Mej. Witteklip Dagsorg), Riley Williams (eerste prinses), Byron Cleophas (tweede prins), Raheem Williams (Mnr. Witteklip Dagsorg) en Wincill Faku (eerste prins). Die skool bedank al die ouers wat die aand ekstra spesiaal vir die kinders gemaak het.


Dagsorg se kinders skitter

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article