Aan Oewer-aftreeoord se bestuur: Mike Puttick, Sakkie Gerber en André Fenwick.Foto’s: Noluvu Ludidi


Die bejaardes van die Aan Oewer-aftreeoord is omtrent by hul jaarlikse Kersete bederf. Omtrent 110 mense het die dag by die Riviera-hotel die afgelope Maandag (16 Desember) bygewoon.

Die ete is deur Johan Moolman, ’n raadslid van die Bergrivier-munisipaliteit, aangebied, wat sê dit is vir hom belangrik om dié geslag voorgangers te bederf en hulle spesiaal te laat voel.

“Dit is ook om hulle die geleentheid te gee om uit te kom in die gemeenskap en hulle te vereer sodat hulle ook ’n middag lekker saam kan kuier,” sê Moolman.

Die sanger Marius Landman en Johan Moolman, ’n raadslid.Foto:

Schalk van Romburgh, Annie Willemse, Anneline van Romburgh en Maria Lotz.Foto:

Annie Willemse van die sentrum sê die bejaardes het baie waardering vir Moolman en als wat hy vir hulle en die hele dorp doen.

“Toe dit by die Kersete kom, was almal in hul skik met al die reëlings, die hotel se personeel en die lekker kos. Net die samesyn wat hulle kon geniet, het al ’n groot invloed op ons. Ons weet nie hoe om genoeg dankie te sê daarvoor nie.”

Die gaste het heerlike kos geniet, asook musiek deur Marius Landman, sowel as die Kersfees-samesyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article