Die Laerskool Panorama het verlede Woensdag 5 Februarie Wêreld-Hardopleesdag gevier. Hylton Langley, die hoof van die Laerskool Panorama, sê by dié skool wil hulle graag leerders, ouers en onderwysers aanmoedig om hardop te lees aangesien lees een van die belangrikste boustene vir ’n suksesvolle skool- en universiteitsloopbaan is. “Baie dankie aan die Vredenburg-biblioteek wat vir ons gr. 2-leerders stories voorgelees het. Ons by Panorama waardeer dit opreg.”


Dag van hardop lees by Laerskool Panorama

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article