’n Lyk van ’n man (53) is gister (5 Maart) net voor 11:00 uit die Bergrivier gehaal nadat dit sedert ongeveer 08:00 in die water gedryf het. Volgens drie ooggetuies, waaronder ’n gastehuiseienaar in Churchillstraat – ’n klipgooi vanaf die Markstraat-brug – het die oorlede man net voor 08:00 in die rivier gegaan, vermoedelik om homself te was. Hy het daarna onder die water verdwyn met sy kop wat kort-kort opgekom het, vermoedelik vir suurstof. Dit is bevestig deur kapt. Louise du Plessis, woordvoerder van die Paarl-polisie. Kort na dié stryd het die man se liggaam egter tot bo die water gedryf, waarna die ooggetuies die nooddienste in kennis gestel het. Met Paarl Post se aankoms op die toneel het die lyk met sy gesig na onder in ’n vlak deel van die Bergrivier gedryf. Die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van openbare veiligheid, Eda Barnard, het saam met wetstoepassers ongeveer 08:20 by die toneel aangekom, waarna die polisie en ambulansdienste en ’n forensiese span sowat vyf minute later opgedaag het.Foto: Jana Scheepers


Lyk van onbekende man uit Bergrivier gehaal

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article