Kom kyk by die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, hoe Bafana Bafana speel.

Veeldoelige Sentrum in White City bied sokkerkyk


Weskussers kan Donderdag 18 Junie by die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, saamtrek om Bafana Bafana se volgende FIFA-Wêreldbeker-groepwedstryd teen Tsjeggo-Slowakye te sien.

Die wedstryd skop om 18:00 af en word in die Mercedes-Benz-stadion in Atlanta, Amerika, beslis. Dit volg nadat Suid-Afrika met 2-0 teen die mede-gasheer Mexiko in sy openingswedstryd van die 2026-

FIFA-Wêreldbeker verloor het.

Ricardo Mackenzie, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het Maandag (15 Junie) aangekondig dat openbare kykgeleenthede in elke distrik van die provinsie ingerig word sodat gemeenskappe hul nasionale span saam kan ondersteun.

Volgens Mackenzie het die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport met munisipaliteite en private vennote saamgewerk om toeganklike en gesinsvriendelike kykplekke naby inwoners se woongebiede te skep.

Vir die Weskus is die Veeldoelige Sentrum in White City, Saldanha, as die amptelike kykpunt aangewys. “Sport bly een van die kragtigste instrumente om mense bymekaar te bring. Deur kykgeleenthede in elke distrik te skep, verseker ons dat gemeenskappe reg oor die Wes-Kaap die opwinding saam kan beleef, terwyl ons ook ‘n gevoel van samehorigheid en provinsiale trots bevor­der,” het Mackenzie gesê.

Inwoners word aangemoedig om vroeg op te daag en die wedstryd saam met ander ondersteuners in ‘n veilige en feestelike omgewing te geniet.

• Bafana Bafana se laaste groepwedstryd is om 03:00 op Donderdag 25 Junie teen Suid-Korea.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article