Skenk bloed en maak 'n verskil.
Skenk bloed en maak ‘n verskil.

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKBD) doen ‘n dringende beroep op die publiek om bloed te skenk, aangesien bloedvoorrade regoor die provinsie onder toenemende druk kom.


Na Maandag se vlak 8-weerwaarskuwing kon die diens nie die aantal eenhede insamel wat benodig word om aan die hospitaalvraag regoor die provinsie te voldoen nie. Die WKBD moet elke dag 700 eenhede bloed insamel om ‘n stabiele bloedvoorraad te handhaaf.


Bloedgroepe O-negatief en O-positief is tans onder die grootste druk, met O-positief op slegs ‘n drie-dae-voorraad en O-negatief op slegs ‘n twee-dae-voorraad.
Marike Carli, Openbare Betrekkingebestuurder by die WKBD, sê die winter is tradisioneel ‘n uitdagende tydperk om ‘n vyf-dae-bloedvoorraadvlak oor alle bloedgroepe te handhaaf weens verkoues, griep en skoolvakansies.

“Die vlak 8-weerwaarskuwing het bykomende druk op ‘n reeds kwesbare bloedvoorraad geplaas. Ons doen ‘n beroep op alle in aanmerking komende skenkers om hierdie week bloedskenking ‘n prioriteit te maak om te help verseker dat bloedvoorrade aan die hospitaalvraag voldoen,” voeg Carli by.

As jy tussen 16 en 75 is, 50 kg of meer weeg, in goeie algemene gesondheid verkeer en ‘n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan skenk.

Bloedskenking kan vandag gedoen word by die volgende lokale tussen 12:00 en 18:00:

Dr Church saal, Oostewalstraat, Langebaan.

Skilpad saal, Esperiastraat, Vredenburg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 7 May 2026
    Weslander E-Edition – 7 May 2026

Gift this article