‘n Spesiale Valentynsdag vir verskeie belanghebbendes is aangebied deur Ray van Rooy, burgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit.
Die geleentheid het op Saterdag 14 Februarie by Dunn’s Castle in Piketberg plaasgevind.
In die ware gees van Valentynsdag het die geleentheid gedien as ‘n platform vir gesprek en as ‘n geleentheid waar die munisipaliteit opreg kon dankie sê aan al sy belanghebbendes vir hul volgehoue ondersteuning, samewerking en toewyding aan ons gemeenskappe.
Belanghebbendes uit verskeie sektore was teenwoordig, insluitend landbou, sakekamers, polisiebevelvoerders, gemeenskapspolisiëringsforum-voorsitters, die Gemeenskapswerkprogram, hoërskoolhoofde, raadslede, die munisipale bestuurder en sakelui.
Die samesprekings het die belang-rikheid van vennootskappe, samewerking en ‘n gedeelde verantwoordelikheid beklemtoon om veiliger, sterker en meer sorgsame gemeenskappe te bou.
Van Rooy het ook sy opregte waardering uitgespreek teenoor die organiseringspan in die kantoor van die uitvoerende burgemeester.
Hy het hulle vir hul harde werk en toewyding om die geleentheid ‘n sukses te maak, bedank.
‘n Spesiale woord van dank is ook gerig aan Dunn’s Castle vir die gasvryheid en die pragtige venue, asook aan die plaaslike kunstenaars Kiechaan Smith, Devernay Klaase en Steyn Fourie, wat ‘n besondere atmosfeer tot die viering bygevoeg het.











You must be logged in to post a comment.