‘n Tragiese botsing op die Piekenierskloofpas het op Sondag 8 Februarie omstreeks 05:45 op die N7 plaasgevind. Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n woordvoerder vir die Weskus-polisie, het twee voertuie reg van voor gebots. Die bestuurder van die Scania-vragmotor het aan die polisie vertel hy was van Piketberg af op pad na Citrusdal. Toe hy om ‘n draai van die pas kom, het hy ‘n wit Isuzu-bakkie gesien wat omgeslaan oor die pad geskuur en reg van voor teen sy voertuig gebots het. Albei insittendes in die bakkie is op die toneel dood. Dit is bevestig dat die insittendes nie van die Weskusstreek was nie, maar van die Noord-Kaap.

Tragiese botsing op Piekenierskloofpas eis twee

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article