Laerskole aan die Weskus het verlede Vrydag (30 Januarie) by die jaarlikse dorpsatletiekbyeenkoms in Vredenburg kragte gemeet.
Die deelnemende skole was Langebaanweg, Jurie Hayes, Eden, Masiphatisane, Panorama, St. Augustines, Vredenburg en Hopefield.
Die dag was gevul met opwindende baanitems, nuwe rekords, persoonlike bestes en ‘n sterk sportgees onder die atlete en toeskouers.
Atlete het met groot deursettingsvermoë aan verskeie baan- en velditems deelgeneem, terwyl ondersteuners hul skole luidkeels aangemoedig het.









