Die Salkoriane-atletiekklub het verlede jaar op Saterdag 6 Desember hul 35ste bestaansjaar gevier.

Volgens Sakkie Mentoor, voorsitter van die klub was dit met groot afwagting en opgewondenheid toe die saal se deur oop gaan en die gewag uiteindelik verby was en die atlete mekaar met ‘n breë glimlag omhels het.

Lede van die Salkoriane-atletiekklub.

Die dag het begin met die sang van die landslid gevolg met die lied van die klub. In yy openings toespraak het Mentoor melding gemaak van die vorige en huidige bestuurslede wat baie instrumenteel was in die klub se suksesse en goeie bestuur werk op en af die veld. Mentoor het ook klem gelê op die klub se prestasies en die generasies van atlete wat deel was van die klub. ‘n Staaltjie en hoogtepunt was vertel deur oud atleet Dawid Smit wat in 1999 deel van die Salkoriane was.

Daar was verskeie sporttoekennings uitgedeel en elke atleet het ‘n unieke 35 jaar silwer en goud medalje ontvang. Mentoor het ook weggestap met die goue medalje vir atleet van die jaar.
Volgens Mentoor het die dag geod verloop en hulle sien uit om nog vele jare as ‘n klub saam te vier.

April Engelbrecht en Sakkie Mentoor is twee van die stigters van die klub.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article