Toe Boland Krieket sy seuns en dogters skole krieket-spanne op 30 November aangekondig was die die verwagtine groot, maar die Boland keurders het nie besef dat die spanne bo die verwagtinge uitstekend sal waar nie.

Die o.16 en o.17 spanne het die nasionale weke goed afgeskop en deur gedring na die semifinale. Ongelukig het die o.16 dogters vasgeval teen Limpopo en kon nie kwalifiseer vir promosie-relegasie nie, maar die o.17 seuns het na die finaal deurgedring teen Limpopo, op Maandag 9 Desember.

Die Boland o.17 plattelandse krieketspan het beslis die wenbroue laat lig toe hy in Nelspruit teen Limpopo geskitter toe hulle die gasheer met twee paaltjies klop het. Hulle is nie net as Krieket Suid Afrika (KSA), se beste o.17 platteland-span gekroon nie, maar het ook die krieketweek onoorwonne afgesluit.

Die toernooi het afgeskop met T20 wedstryde in die vroeër stadium, maar is op die laaste dag van die toernooi verander na ‘n 50 beurt‑formaat. Limpopo het die loot gewen en besluit om eerste te kolf, maar het gou besef dat hulle ‘n groot waagstuk geneem het om eerste te kolf.

Boland se akkurate boulwerk vanaf die eerste bal het hulle vroeg  onder druk geplaas. Met hul telling op 22/6 in 10 boulbeurte het Limpopo gesteier en dit was net ‘n fomaliteit voordat Boland die uitklophou sou plant.

Boland Rural o.7 krieketspan.

Ongelukkig kon Boland nie die uitklophou plant soos verwag is nie, en Limpopo toegelaat om te konsolideer. Luhan Drotskie het vir Limpopo weerstand gebied met ’n vasberade 24 lopies van 46 balle, maar selfs sy poging kon nie verhoed dat Limpopo vir ‘n skamele 73 uitgeboul word nie. Goeie veldverk deur Boland het drie uitlope tot gevolg gehad wat Limpopo verder in ‘n moeilike posisie geplaas het.

Briljante boulwerk deur Adriaan Krynauw het Dumisani Negwenya skoongeboul met sy eerste bal in die 41ste boulbeurt Limpopo se lot geseël, wat Boland se akkurate boulwerk en vernuf onderstreep het.

Boland se boulers het as ’n eenheid uitgestaan en goeie spel deur Bryan Cochrane het in sy tien boulbeurte 2/19 geneem, terwyl Therenzo Jacobs met 2/15 in net vyf boulbeurte die middelorde onderdruk geplaas het.

Die teiken van 74 het na ‘n formaliteit gelyk, maar met krieket se onvoorsepelbaarheid, het Limpopo teruggeveg en Boland se toporde vasgepen om te verhoed dat hulle nie die oorhand kry nie. Met paaltjies wat met tussenposes geval het, het Daniel Adonis ‘n ankerbeurt vir Boland gespeel en sy kalmte gedemostreer. Sy onoorwonne 39 van 87 balle, ‘n meesterbeurt wat een grenshou ingesluit het was ’n toonbeeld van groot wedstryd‑temperament van ‘n topklasspeler in wording.

Tiaan Haasbroek se uitstekende 4/10 het Limpopo in die wedstryd gehou, terwyl AJ Galloway hom goed ondersteun het met 2/22. Adonis se groot wedstryd‑temperament het nie geswig onder Limpopo se boulers nie, maar Boland gehelp om uiteindelik 74/8 in 26.5 boulbeurte te bereik om die titel met twee paaltjies te wen.

Toe Toernooidirekteur Leon Coetzee die trofee aan die Boland‑span oorhandig was die vreugde van sukses op die seuns se gesigte duidelik sigbaar. As wenners van die Rural-week trofee het hulle die week onoorwonne afgesluit sonder om ’n enkele wedstryd te verloor, ‘n merkwaardige prestasie vir ‘n span.

Die O.16 seuns het hulle toernooi ook goed afgeskop en Woensdag 10 Desember hul groot boeta die WP met 26 lopies op die Pen Basson krireketveld in Wellington geklop, maar ongelukkig teen die Titans in hul vierde wedstryd vasgeval en met 78 lopies verloor op Paarl Lanbou krieketveld. In die uitspeel wedstryd van die derde en vierde posisie het hulle goed afgeskop teen Tuskers en 166 lopies aangeteken.

Hulle kon egter nie die Tuskers weerhou van ‘n oorwinning nie, en is met ses paaltjies geklop op Dal Josafat Sportveld, maar het nogtans hgoed gevaar deur vierde klaar te maak.

Boland se o.17 se krieketspan herowering van die platteland afdeling en bestendige vertonings van die O.16 dogters en seuns spanne het beklemtoon die streek se diepte in jeugkrieket is gesond.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article